Die Leierskapnetwerk wil jong volwassenes se geleentheid vir sukses verbeter deur ’n platform te skep waar hulle, met hulle volle potensiaal, Suid-Afrika se uitdagings kan takel en ’n antwoord daarop te gee.
Leierskapsontwikkeling
Die Leierskapnetwerk ontwikkel leiers deur hulle op te lei en te bemagtig om aktief binne ’n groter ekosisteem van instellings op plaaslike, provinsiale, nasionale en internasionale vlak deel te neem.
Bevordering van kultuur, erfenis en tradisies
Die Leierskapnetwerk wil kultuur, erfenis en tradisies bewaar en bevorder deur deelname aan en die aanbieding van strategiese inisiatiewe, projekte en programme.
Fondsinsameling
Die Leierskapnetwerk wil deur middel van fondsinsameling, fondse bekom om die Leierskapnetwerk se doelstellings na te streef.
’n Droom vir Suid-Afrika
Suid-Afrika is ʼn stimulerende, polsende krag: ʼn Afrikason wat helder skyn deur sy moderne tegnologie, sterk ekonomie, stabiele politieke bestel en sy kragtige infrastruktuur. Ons is ʼn mededingende speler in die wêreldekonomie en ken die reëls van die spel. By ons werk dinge.